Bonsmara-telers se trots in die ras is een van die eienskappe wat die ras se gewildheid oor die afgelope paar jaar laat toeneem het. Dié ras van prof Jan Bonsma is deur 85 jaar selektief geteel om perfek in te pas in die soms wrede Suid-Afrikaanse toestande.
Die Vlakte Bonsmarastudiegroep bestaan uit ’n stuk of 20 lede, waar die telers deur samewerking voortbou aan die Bonsmara-nageslag. Die groep se passie vir die rooi ras is aansteeklik.
Die groep se leuse: Ons is ‘n verskaffersgroep van topgehalte Bonsmara teëlmateriaal in Suid-Afrika, het boekdele gespreek tydens hulle 16de Produskieveiling gehou te Doornpan, Roedtan, Vrydag 6 Mei 2022.