Vanuit die diverse aard en teëlbeleid van ons onderskeie telers, word geen spesifieke teëlbeleid opgedring nie, bloot vanweë die unieke samestelling van ons gewaardeerde koperskorps. Gevolglik word gepoog om te voldoen aan die markvraag wat wissel van vroegryp, medium raam Bos Taurus tipe diere tot laatryp meer Bos Indicus tipe diere. In kort wil ons ‘n vroegryp dier vir die voerkraal teel, maar wil insgelyks nie die gehardheid van die Indicus teellyne verloor nie.
Uiteraard is die meeste van ons kopers vanuit die sentrale, noordelike en westelike -bosveld wat ‘n balans in vroegryp en gehardheid genetika vereis. Die filosofie is gewoon dat persoonlike voorkeur, die mark en ekonomiese tendense die vraag hiertoe sal dikteer. Tog word daar geen kompromie aangegaan rondom Bonsmara rasstandaarde met betrekking tot bouvorm, vrugbaarheid en die gebruik van geregistreerde bulle nie.